Anglo Premier - Professionele Vertaaldienste

contact@anglopremier.com

(438) 794-1093

EN AF


Oor Anglo Premier Translations

Anglo Premier Translations het al meer as ’n dekade lank vertaal- en redigeringsdienste aan sommige van die mees veeleisende kliënte, insluitende die OESO en die IOB, verskaf. Die stigter, Timothy Barton, vertaal vanaf Frans, Spaans, Katalaans en Portugees na Engels. Danksy vennootskappe met kollegas, kan Anglo Premier ook vertalings tussen ander tale verskaf.

Engels-Afrikaanse en Afrikaans-Engelse vertalings

Anglo Premier bied vertalings van Engels na Afrikaans en omgekeerd aan, danksy ’n vennootskap met ’n tweetalige Afrikaanssprekende kollega.

Stuur ’n e-pos of bel vir ’n gratis kwotasie. Alternatiewelik kan jy ons ook deur Facebook kontak.

Ander Suid-Afrikaanse en Namibiese tale

Deur middel van vennootskappe met ander vertalers, voorsien ons ook vertalings vanaf en na sommige van die ander tale wat in Suid-Afrika en Namibië gepraat word, insluitende Oshiwambo (Oshikwanyama en Oshindonga) en Otjiherero.

Kontakbesonderhede

Kontak ons vir meer inligting deur gebruik te maak van die telefoonnommer of die e-posadres aan die linkerkant.

Terugvoer vanaf kliënte

Ek was baie beïndruk met die vinnige reaksie, doeltreffende diens en kwaliteit van werk. Ons sal definitief weer Anglo Premier Translations gebruik.

Elzanne Wylie, Senior Vennoot by Ellis Shilengudwa Incorporated
Swakopmund, Namibië

Dankie vir die goeie werk wat jy gedoen het en om dit so vinnig af te handel. En ’n spesiale dankie dat jy kennis geneem het van die foute/onnoukeurigheid in die oorspronklike Spaanse dokument; dit is werklik nuttig!

Ian Brand-Weinder, Beleidsontleder, OESO Ontwikkelingsentrum
Parys, Île de France, Frankryk

In elke projek wat aan hom toegewys is, het Timothy uitgebreide tegniese kennis, ware professionalisme, toewyding en die buigsaamheid om aan te pas by veranderende sperdatums en dokumentweergawes, gewys. Sy oog vir detail word weerspieël in die relevante kommentaar en vrae wat hy nog voordat die vertaling ingedien is, aan ons gestuur het.

Washington DC, Verenigde State van Amerika